Die Boodskap van 1 Korinthiers – boek

R 142.00

BOEKVOORSKOU

Description

Die stad Korinthe, geleë op ‘n dun landstrook van 6 kilometer lank, het die vasteland van Griekeland aan die Noordekant verbind met die skiereiland aan die Suidekant. Weerskante van die landstrook was daar see. Handelsverkeer vanuit die vier windrigtings déúr Korinthe het dit die belangrikste stad van Griekeland gemaak. Daar was voortdurend handelaars en matrose van baie verskillende volke gepaard met hulle sedelose lewe en die verering van verskeie afgode. Prostitusie was ‘n aanvaarde
lewenswyse.
Die apostel Paulus het binne so ‘n samelewing ‘n gemeente van die Here Jesus kom stig. Vir die jong gelowiges, bekeer vanuit hulle sedelose afgodsdiens, het die aanpassing by die nuwe
lewenswyse baie gedrags- en geloofsprobleme meegebring. In Paulus se vier briewe aan hierdie gemeente, waarvan 1 Korinthiërs die tweede brief is, gee hy as vader van die gemeente aan hulle
leiding oor wat hulle nuwe gedragswyse as navolgers van die Here Jesus Christus, behels.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Boodskap van 1 Korinthiers – boek”

Your email address will not be published. Required fields are marked *